Hoërskool Overvaal se wapenHOËRSKOOL OVERVAALValie Hub.PRIVAAT VOORBEELD

GRAAD 8 · 2027 · HOËRSKOOL OVERVAAL

Groot skool.
Nuwe stories.
Jóú avontuur.

Welkom by Valie Wegspring! Jou gids vir nuwe gesigte, lekker gees en daardie eerste treë as ’n trotse Valie.

Eenmaal ’n Valie, altyd ’n Valie.

JY HOORT
HIER!
ONTMOET JOU NUWE ALTER EGODie Lipiediese Bloukop-koggelrot uit die verwelkomingsboekie

Die Lipiediese
Bloukop-koggelrot.

VAN AGGIE NA VALIE

Jy hoef nie alles te weet nie.
Kom wees net deel.

Die nuwe klasse, onderwysers en gange kan eers vreemd voel. Gee jouself kans, vra vrae en onthou: daar is altyd iemand wat jou graag sal help.

Probeer iets nuuts. Maak nuwe vriende. Neem deel aan sport, kultuur en skooltradisies. Hierdie kan een van jou lekkerste skooljare wees!

Lees die verwelkomingsboodskappe ↓

WAT TREK EK AAN?

Elke dag, ’n ander storie.

WEES OORSPRONKLIK!
19 Jan

Uit met die oud – trek jou Laerskoolklere onderstebo aan

Konsertoefening · 14:00–17:00

20 Jan

Tronkvoëls

Konsertoefening · 14:00–17:00

21 Jan

Boetie en sussie gaan grens toe – Army

Konsertoefening · 14:00–17:00

22 Jan

Een van die 10 plae

Konsertoefening · 14:00–17:00

25 Jan

Grootste Vrees

Konsertoefening · 14:00–17:00

26 Jan

Bejaardes

Konsertoefening · 14:00–17:00

27 Jan

Babas

Konsertoefening · 14:00–17:00

28 Jan

Boemelaar

Konsertoefening · 14:00–17:00

29 Jan

Bloukop-Koggelrot

Konsertoefening · 14:00–17:00

DIE ELKE-DAG-SAAMBRING-LYS

Hoed op.
Naam aan.
Gees saam.

Merk af terwyl jy regpak. Jou lys word op hierdie toestel onthou.

0 van 3 gereed

HOU DIT IN GEDAGTE

Die groot oomblikke.

JANUARIE & FEBRUARIE 2027
13–15 JanKamp
16 JanAtletiekuitdunne
18 JanInterhuis
18 JanHoofkarakter Oudisies
3 FebGroentjiekonsert
4 FebGroentjiekonsert & Ouerbraai
8 FebBaadjieseremonie

Let wel: Volgens die boekie word geen EFT-betalings vir groentjiekonsertkaartjies aanvaar nie.

JOU VERWELKOMINGSGIDS

Alles hier. Alles deel van jou avontuur.

Lees sommer hier verder — jou boodskappe, pligte, tradisies en leiers is almal op een plek.

WELKOM IN DIE VALIE-FAMILIE

Die grootskool wag vir jou.

Baie welkom, Graad 8’s! Binnekort begin ’n nuwe en opwindende hoofstuk in julle skoolloopbane. Julle is nou deel van die grootskool — ’n plek vol nuwe gesigte, nuwe uitdagings, interessante geleenthede en baie dinge om na uit te sien. Aan die begin mag alles dalk ’n bietjie vreemd of oorweldigend voel: die nuwe klasse, onderwysers, roosters en gange. Moenie bekommerd wees nie — almal moes een of ander tyd hul eerste dag by die Hoërskool beleef. Gee jouself kans om gewoond te raak, vra vrae wanneer jy onseker is en onthou dat daar altyd iemand is wat jou graag sal help.

Hierdie kan een van die lekkerste jare van jou skoolloopbaan wees. Hoe dit vir jou gaan wees, hang grootliks af van wat jy daarvan maak. Kom skool toe met ’n positiewe gesindheid, wees bereid om nuwe dinge te probeer en gryp die geleenthede aan wat oor jou pad kom.

Neem deel aan sport, kultuur, aktiwiteite en skooltradisies — selfs al is jy nie heeltemal seker of dit jou ding is nie. Soms ontdek ’n mens eers waarvoor jy lief is wanneer jy dit ’n kans gee. En wie weet? Dalk ontmoet jy nuwe vriende, ontdek jy ’n talent waarvan jy nie geweet het nie, of vind jy ’n aktiwiteit wat jou hele Hoërskool-ervaring besonders maak.

Jy hoef nie alles dadelik te weet of perfek te doen nie. Elke nuwe begin kom met ’n paar onseker oomblikke, en soms sal dinge nie heeltemal volgens plan verloop nie. Dis deel van leer en groei. Wees bereid om jou foute te erken, daaruit te leer en weer te probeer. Wees ook vriendelik met jouself én met die mense om jou. ’n Glimlag, ’n vriendelike woord of die bereidwilligheid om iemand in te sluit, kan ’n groot verskil maak.

Wees trots daarop om ’n Valie te wees. Wys respek, doen jou deel en dra by tot ’n skool waarin almal welkom en veilig voel. Geniet die klein oomblikke saam met jou klasmaats, ondersteun jou spanmaats en wees trots op jou prestasies — groot én klein. Die jaar gaan vinnig verby, daarom is dit belangrik om elke geleentheid en elke mooi oomblik ten volle te geniet.

En ja, daar sal soms take, oefeninge, reëls en pligte wees. Doen jou bes en pak dit met ’n goeie gesindheid aan.

Welkom by die Valie-familie! Mag jou eerste jaar by Hoërskool Overvaal gevul wees met goeie vriende, nuwe ervarings, baie lag en herinneringe wat jy nog lank sal koester.

Ons hoop jy voel gou tuis — en dat jy hierdie jaar met ’n glimlag sal onthou as die begin van ’n wonderlike avontuur.

JOU NUWE SPAN IS REG

Van ons hoofleiers aan jou.

Roché le Roux
Hoofseun 2027

Roché le Roux

Ek wil graag sterkte toewens aan elke toekomstige Graad 8 Valie!

Geniet die laaste lekker van die Laerskool, want by Hoërskool Overvaal is die pret op ‘n ander vlak.

Ons NOMMER 1 prioriteit is Christenskap wat ons uitleef deur verskillende jeugaande deur die jaar en met verskeie gassprekers wat hulle stories deel.

Neem aan alles deel, hê pret en ONTHOU: “Die Hoërskool is wat jy daarvan maak!”

Kom wees deel van die Valie-familie en geniet 2027. Ons sien uit om al julle Lipiediese Bloukop-Koggelrotte te ontmoet!

Tineke Coetzee
Hoofdogter 2027

Tineke Coetzee

Beste Aggies van 2027!

Ons sien vreeslik uit daarna om julle te ontmoet.

Julle Laerskool dae is nou amper verby en dit is tyd om jul mamma se rokspante te los.

Die Hoërskool is ‘n tyd om jouself beter te leer ken, nuwe vriende te ontmoet en herinneringe te maak wat jy nooit sal vergeet nie.

Gebruik altyd God as jou kompas en leef ons skool se Christelike waardes uit.

Julle gaan verseker moeg word, dalk ‘n hol kol op die maag kry, maar GENIET elke oomblik en word met trots deel van die Valie- familie!

BOODSKAP VAN DIE HOOF · MNR. SCHALK RABIE

Welkom by jou nuwe avontuur.

Beste Graad 8-Valie van 2027

Die tyd het aangebreek dat jy jou laerskoolskoene ontgroei en nou as volwaardige tiener die hoërskoollewe aanpak! Geluk, en welkom by die grootste avontuur van jou lewe!

Om as volwaardige Valie gesien te word, moet jy asseblief by elke denkbare aktiwiteit betrokke raak: jou akademie, kultuurdeelname en sportlewe maak jou immers ‘n gesonde tiener! Die groentjiekonsert is een van die eerste GROOT hoogtepunte waarna ons almal uitsien.

Net soos die span in ‘n hospitaal saamwerk om die pasiënte so gou as moontlik en so gesond as moontlik te kry, gaan ons almal saamwerk om jou te versorg en te leer. Om groot te word, is nie altyd so pynloos nie, soms sal ons so bietjie aan jou moet “opereer”, dalk ‘n salfie smeer, ‘n sluk slegte medikasie moet toedien, maar dis altyd om jou beter te maak!

Vir die eerste weke word jy - net soos in enige nuwe land - in kwarantyn geplaas: DIT IS NIE ONTGROENING NIE!!! Jy kry die geleentheid om jou nuwe maats te leer ken, om saam vir ‘n konsert te oefen, om ‘n ware Valie te word. Gryp hierdie geleentheid met beide hand(skoen)e aan!

Wees te alle tye ‘n trotse Valie - dra altyd ‘n goeie beeld na buite! Jy moet ons skool se Christelike karakter ALTYD weerspieël, dit geld vir jou optrede en taalgebruik.

Beste wense vir ‘n geseënde Christusfees saam met jou geliefdes!

ONTMOET DIE KOGGELROT

Jou nuwe alter ego.

Lipiediese Bloukop-koggelrot

Lipiediese Bloukop-koggelrot

Die nuutste knaagdier wat Overvaal se dreinpype besmet.

Die afskuwelike dier, met sy blou, breë padda- agtige kop wat verslaaf is aan moeilikheid, rol graag in Overvaal se rioolwater rond.

Die nuwe plae is onvoorstelbaar irriterend en kan slegs deur plastiekswaarde van VSR’e uitgeroei word.

MET ’N GLIMLAG EN GOEIE GEES

Jou koggelrot-pligte.

01

Bewaar jou hoed met jou lewe! Dit is belangriker as jy!

02

Doen altyd wat die VSR vir jou sê

03

Respekteer altyd die swaard!

04

Groet elke onderwyser en VSR wanneer jy hulle sien!

05

Neem aan alles deel!

06

KYK AF!

Die Bloukop-koggelrot se tien goue reëls

  1. Jy sal jou hoed met trots dra.
  2. Jy sal jou VSR respekteer, selfs wanneer hulle jou laat sing.
  3. Jy sal elke onderwyser met ’n glimlag groet.
  4. Jy sal nie jou ouers as jou persoonlike klagtekomitee gebruik nie.
  5. Jy sal nie in die gange rondloop asof jy die hoof is nie.
  6. Jy sal nuwe vriende maak en niemand uitsluit nie.
  7. Jy sal jou Valie-gees laat hoor!
  8. Jy sal jou pligte met ’n positiewe gesindheid aanpak.
  9. Jy sal altyd onthou dat respek in albei rigtings werk.
  10. Jy sal elke oomblik geniet, want jy is net EEN keer ’n Bloukop-Koggelrot!

ONS HOU VAN RESPEK EN KWEEK DIT WEDERSYDS

Beginsels waarvolgens ons leef.

01

Geloof

Ons glo in die Drie-enige God en doen alles tot eer en lof van Sy heilige naam.

02

Respek

’n Valie toon respek vir onderwysers, medeleerders en hulself.

03

Integriteit

’n Valie is eerlik en het vaste waardes waarin hul glo. Valies het goeie gesindheid en sagte harte.

04

Trots

’n Valie is trots op sy skool en beeld dit uit deur hul kleredrag, optrede en respek vir die terrein.

05

Hardwerkend

Valies gee altyd hul beste ten opsigte van hul skoolwerk, sport, kultuur en enige iets wat hul aanpak.

06

Nederigheid

Valies ken hul waardes, maar is nie hoogmoedig nie. Wees dankbaar vir die talente wat God jou gegee het.

07

Eenheid

Valies vorm deel van ’n familie. As ons saamwerk, bly ons onoorwonne.

LAAT HOOR DAARDIE VALIE-GEES

Woorde wat ons saambind.

Ken jou kreet amper so goed soos jou skoollied!

Die Bloukop-koggelrot-kreet

Op die ritme van “Energie” deur Van Coke Kartel.

Jy moet staan in ‘n ry Jy moet jou hare kort sny Jy moet altyd netjies bly Jy moet vinnig rigting kry Want ek’s ‘n bloukop koggelrot Almal sê my houding vrot Ek gedra my soos ‘n sot Maar ek sal vinnig groot word. Ek sal my hoedjie onthou En dan leer ek gou Om ‘n Valie te wees Kort mens baie gees!

Oorwin deur kennis.

Skoollied

Ons is die jeug van Overvaal, die nuwe geslag van ons volk wat soos die stuwende Vaal met bruisende taal voorwaarts beur in stroom en kolk, ook bruis met durf en lewe. Soos staal en beton wat om ons uittroon en klop met polsende krag, klop in ons hart ook die wil om eenmaal te toon, aan die wêreld ‘n trotse en fors geslag bo kleinheid en swakheid verhewe! Ons bou aan ons toekoms met pen en penseel, met arbeid en met speel: ons glo in die Woord om ‘n suiwer baan uit te baken vir ons om op te gaan. Gebind deur ons kleure en leuse stry ons saam vir ons land, ons volk, en ons skool se naam! “Oorwin deur kennis, Oorwin deur kennis” So sing die jeug van Overvaal! “Oorwin deur kennis, Oorwin deur kennis” So sing die jeug van Overvaal”

Ons woorde. Ons waardes.

Erekode

Ons glo in die Drie-enige God Deur die geloof leef ons en sal ons lewe. Ons sal strewe om rein van hande en suiwer van hart altyd te waak en werk. Ons sal ons ouers eer. Ons sal ons volkseie liefhê en daaraan bou met eerlikheid en opregtheid as uiterste hoekstene. Ons wil in Vaderlandsbodem wortelskiet, op Vaderlandsbodem groei en uit Vader-landsbodem vrugte dra. Met ons woorde en dade wil ons dankbaar-nederig ons voorgeslag eer en ons nageslag verryk. Vir die goeie naam van ons skool sal ons altyd groter offers bring.

Op die wysie van Ireland’s Call.

Valie Roep

Saam in eenheid Saam in grootheid Saam in die toekoms en die hede Ons Valie trots, gebou op rots Glorie is waarna ons strewe Valies Valies As eenheid staan ons saam Skouer teen skouer Met trots bou ons ons naam Aan die oewer Van die Vaal Bou ons deur kennis tot oorwinning Ons glo in God en Christendom Geloof die bousteen van ons wese Valies Valies As eenheid staan ons saam Skouer teen skouer Met trots bou ons ons naam
Hoërskool Overvaal se skoolwapen

Wat vertel ons skoolwapen?

  • Die golwende lyn stel die Vaalrivier voor.
  • Die gepunte paal stel die mens se idealisme en strewe voor om altyd hoër uit te styg.
  • Die dubbel gebaarde blou sleutel ontsluit die kennis.
  • Die drie sirkels simboliseer die Vaaldriehoek en die skool se diens aan die hele gemeenskap.

KYK MOOI — DIÉ BABA GEE VANDAG OPDRAGTE!

Ontrafel die leiers.

Hierdie oulike gesiggies het grootgeword — en nou is hulle in beheer! Ken julle die name al?

Foto van VSR-leier 101

“Mevrou Mouna, Prinses van die Pigmentlose, Mot- bevreesde Goldie locks, Koninging van die Klaagliedere en chroniese kniepyn, aanhangsel van Kroeps.”

Foto van VSR-leier 202

“Prinses Nétjie, klein botteltjie, groot gif, giggelende blonde drama koningin, damduiker met ‘n pamperhokkie obsessie en boekwurm budgie. Numerofiel ter hart, sosiale vlindertjie met optimissindroom est la joie de vivre.”

Foto van VSR-leier 303

“Potgietersrus se first-class Diva, emosies op haar mou, hart van goud, vriendelike siel met beperkte geduld, ‘n sagte plekkie in hoofseun se hart en pappa se duurste finansiële krisis.”

Foto van VSR-leier 404

“Die sportiewe, skerp tong, lagmasjien, eerste span-doelskieter, atletiekster, spanbouer, prefek en kampioen van goeie humor, musieksmaak en leierskap.”

Foto van VSR-leier 505

“Die buitengewone meester klets majoor, dibonair dweedledum, die gekwalifiseerde kenner van klassieke plaatversamelings, oupa se poppie-lappie- liefie, lawwe Lettie in haar eie lalaland, die onbetwiste koninging van die chicken mayo wat windgat aggies in ‘n oogwink sal laat huil.”

Foto van VSR-leier 606

“Princess Consuela Banana-Hammock, sushi vreter die eerste, pappa se sarkastiese babbelbek poppie, nommer een chocolate chip koekie chef, modder gat skopper, diere opgaarder, pikkewyn se 1ste liefde, langasem 13.1 myl podium wenner.”

Foto van VSR-leier 707

“Donkerkop, die Blou-oog prinses Cleopatra met haar gebronsde vel, mamma se mooiste kind en pappa se hart se punt, ouma se gunsteling smulkoningin, Hokkie-bokkie met ‘n sprankelende persoonlikheid, Zaan Sonnekus se grootste fan, challenge-verslaafde, kosliefhebber en koninging van chaos.”

Foto van VSR-leier 808

“Die groot en magtige President van Zoid Afrika, debonair dweedle dee, volmaakte professionele klaer, strydlustige superior wat ‘n berg van ‘n molshoop kan maak, pappa se bokkie en mamma se mooiste, Overvaal se amptelike sport prinses, ABBA se verlore groepslid en gekwalifiseerde oor inspekteur.”

Foto van VSR-leier 909

“Smiley, die blouoog-blonde kultuurkoninging, die miniatuur-magnaat van chaos, skaakstrateeg van formaat, kosliefhebber, donkie-entoesias en hoofkarakter van haar eie komedie, waar verveling nooit ‘n spreekbeurt kry nie.”

Foto van VSR-leier 1010

“Haar Koninklike Sarkastiese Hooghied, Lanks die Eerste, pappa se gunsteling en mamma se hoofpyn, amptelike minister van iced coffee, sushi se grootste bewonderaar, ontwrigter van stilte en ‘n lewende bewys dat geduld nie almal se gawe is nie.”

Foto van VSR-leier 1111

“Die Legendariese Giggelprinses Blou-oog die eerste, die briljante dansdiva, koffieverslaafde, beskermer van alle snacks, versamelaar van miljoene selfies en vernietiger van enige kans op rustigheid.”

Foto van VSR-leier 1212

“Brigadier generaal met ‘n sagte hart, musiekliefhebbende dans Koninging, mamma se slimkind, hardegat sussie, altyd pappa se visvang maatjie, peanut butter botter bekkie, sit jou altyd op jou plekkie, hou van kos en koekies hap, altyd skerper as Mnr. Chris Sharp.”

Foto van VSR-leier 1313

“Colonel Kwaaitjie, altyd reg, my eyebrows sê meer as wat ek ooit sal, self-aangestelde dokter, altyd opsoek na ‘n slagoffer, rigtinglose bose skarminkel wat nie hou van sukkel.”

Foto van VSR-leier 1414

“Die groen-blou oog Rapunzel met die ice coffee addiction, cheerleading princess. Dierbare blondie met betowerende bling-bling en feetjie in haar eie wêreld.”

Foto van VSR-leier 1515

“Die Edelagbare Tienie Tossel Tienkels. Hou van die lewe met sprinkles. Die fraaiste frambosie. So soet soos ‘n roomystrokkie. Kultiveerder van welvoeglikheid en bewaarder van die Afrika Pikkewyn. Kort lyfie met ‘n massiewe brein.”

Foto van VSR-leier 1616

“Bibis die Kaptein van baie praat. Besige bytjie, netbalheldin, hekkie-atleet, nuuskierige agie, hondeliefhebber, ouma se ganspit en oupa se blou- oog prinses.”

Foto van VSR-leier 1717

“Kolonel Kroeps Kreeld Krulkop, Koning van die porseleintroon, Bewaarder van die plastiekswaard, Gholfer van formaat, Medeverantwoordelike vir Mouna.”

Foto van VSR-leier 1818

“Krugertjie die beertjie, Die wolf van Spoegwolf , finansiële hoof, mamma se hart se punt en snoepie- tannie se mees gevreesde kliënt. Generaal van die rugbyveld en meester van atletiek en krieket, met ’n eetlus wat selfs die snoepie se voorraadbestuurder laat bewe.”

Foto van VSR-leier 1919

“Meneer Botha, die poeier wenner, grootste wêreld verkenner, die rugbyveld storm, jagter van formaat, Albie se beste maat, die kompeterende kombuisvraat en onderbroek mandaat.”

Foto van VSR-leier 2020

“Groot Generaal DJ Zaan die Eerste, Daddy long legs, Golden duck expert.”

Foto van VSR-leier 2121

“Kaptein Kaboem, God se positiewe soldaat, petrolkop en sportveld se Batman, wandelende Google met geen netwerk nie, weet alles en niks, hardloop soos ‘n haas, glimlag soos ‘n hiëna en verdwyn soos ‘n Ninja. Kaboem, my bru!”

Foto van VSR-leier 2222

“Oom Zulu, buffel tamer, slayer of the okie-krokke- nokke-likke-akke-struisvoël, los jou houding of jou kuite lê buite, check jou later ketelwater, noem my sommer dubbel 0 spoed bril, king of the bos man tribe, ek eet soos ‘n stut, hardloop soos ‘n skilpad en tackle asof my wifi has been disconnected.”

Foto van VSR-leier 2323

“Monarg van die Bloukop-koggelrot, kataklismiese kolwende krieketkampioen van Mnr. Damian se tweedespan, laaste op die Top 10, maar eerste in Danika se hart en mamma se pioeniersgeestelike.”

Foto van VSR-leier 2424

“Sersant Majoor pull-shot, langasem sjokolade hater. Ek is nie so kwaai nie, dit is my happy face. Stinkvoet, kosliefhebber. Goed met Wiskunde, maar altyd opsoek na sy foon.”

Foto van VSR-leier 2525

“Die Stoutgat-Bosveld-Jagter, Visvang-vier en kuier kampioen wat altyd eerste is wanneer die braai aangesteek word. ‘n Gholfbal in die bos slaan, ‘n kampioen in alles behalwe betyds huis toe gaan!”

Foto van VSR-leier 2626

“Generaal van die doelkas, weetbix vreter, altyd reg vir ‘n kuier, gogga vresende slaapliefhebber, stoutgat van formaat.”

Foto van VSR-leier 2727

“Generaal Kort Lontjie Roelofs, blitsvinnig kwaad, veldgeneraal met ‘n visstok, avontuurverslaafde, hardekop met ‘n tierhart en niks lus vir twak nie.”

Foto van VSR-leier 2828

“Dansende Pikkewyn, Happyfeet, Robotmeganisme, Trappende trompet!”

Foto van VSR-leier 2929

“Sersant Sy Eksellensie, Die onstuitbare blits van die rugbyveld, Meester van die atletiekbaan, Heerser van die 100m en Vernietiger van verdedigingslyne.”

Foto van VSR-leier 3030

“Sersant Barto Voetpoeier, die groot Papgooi Koning!”

ONSEKER? VRA GERUS.

Daar’s ’n span in jou hoek.

Luné van Heerden

GRAAD 8-VOOG

Juf. Luné van Heerden

Jou Graad 8-voog

NETJIES VAN DAG EEN AF

Valie-kleredrag.

Dogters

  • Koningsblou romp of koningsblou langbroek
  • Naaswit kortmouhemp met skoolwapen
  • Koningsblou pullover met skoolwapen
  • Koningsblou trui met skoolwapen
  • Navy “hotpant” om onder die romp te dra
  • Kort blou kouse met twee beige strepies (somer)
  • Lang swart sykouse / “tights” (winter)
  • Swart skoolskoene
  • Koningsblou blazer — verpligtend op Maandae
  • Skooldas — verpligtend wanneer ’n trui of blazer gedra word
  • Skoolserpe is toelaatbaar in die winter

Seuns

  • Grys lang- of kortbroek
  • Naaswit kortmouhemp met skoolwapen
  • Koningsblou pullover met skoolwapen
  • Koningsblou trui met skoolwapen
  • Lang grys skoolkouse
  • Swart skoolskoene
  • Koningsblou blazer — verpligtend op Maandae
  • Skooldas — verpligtend wanneer ’n trui of blazer gedra word
  • Skoolserpe is toelaatbaar in die winter

Vrydagdrag: dogters & seuns

  • Lang blou denim
  • Skool se Vrydaghemp
  • Geen pullover mag oor die Vrydaghemp gedra word nie
  • Koningsblou trui met skoolwapen mag wel oor die Vrydaghemp gedra word
  • Hoodie met skoolwapen mag wel oor die Vrydaghemp gedra word
  • Tekkies of Vellies

NUWE MENSE · NUWE STORIES · NUWE VRIENDE

’n Voorsmakie van kamp.

Herinneringe uit die Graad 8-kamp van 2026, soos in die boekie. Jou eie avontuur lê nog voor!

Fotoherinneringe uit die Graad 8-kamp van 2026

Kampbenodigdhede · Camp Discovery

Pak jou tas en merk elke item af. Jou kamplys word op hierdie toestel onthou.

Beddegoed

Klere

Toiletware

Eetgerei

Skoene

Ander

BLY INGESKAKEL, VALIE!

Vind jou mense. Raak betrokke.

Kies jou sport of aktiwiteit en kliek op die knoppie om die WhatsApp-groep oop te maak. Jy kan ook die QR-kode met ’n ander toestel skandeer.

BAIE DANKIE AAN AL ONS BORGE

Ondersteun die mense wat ons ondersteun.

Ontdek dienste en handige kontakte vir jou Valie-jaar.

JOU STORIE BEGIN HIER

Kom met vrae.
Gaan huis toe met stories.

Ek’s reg vir die avontuur ↑